Paperback
Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans - en beangs. Sy word soos ‘n dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker.

13 Uur

$32.75
  • Paperback

    384 pages

  • Release Date

    7 October 2013

Check Delivery Options

Summary

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans - en beangs. Sy word soos ‘n dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, ‘n jong meisie se lyk le langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom ‘n spesiale dag wees: Die begin van ‘n nuwe era in sy loopbaan, as mentor van ‘n groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering. ‘Kaptein Bennie Griessel’. Dit klink vir hom reg. Behoort ‘n redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, ‘n groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red. Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie.Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en se vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in ‘n oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het? Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in ‘n rock-groep met die naam van ‘Wet & Orde’. En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Book Details

ISBN-13:9780798165488
ISBN-10:0798165480
Author:Deon Meyer
Publisher:Human & Rousseau (Pty) Ltd
Imprint:Human & Rousseau (Pty) Ltd
Format:Paperback
Number of Pages:384
Edition:2nd
Release Date:7 October 2013
Weight:650g
Dimensions:31mm x 156mm x 234mm
A-Format
B-Format
C-Format
13 Uur by Deon Meyer - ISBN: 9780798165488
156 × 234 mm
A4
mm / in
About The Author

Deon Meyer

DEON MEYER lives in Durbanville in South Africa with his wife and four children. Other than his family, Deon ’s big passions are motorcycling, music, reading, cooking and rugby. In January 2008 he retired from his day job as a consultant on brand strategy for BMW Motorrad, and is now a full time author. Deon Meyer ’s books have attracted worldwide critical acclaim and a growing international fanbase. Originally written in Afrikaans, they have now been translated into several languages, including English, French, German, Dutch, Italian, Spanish, Danish, Norwegian, Swedish, Russian, Finnish, Cze

Returns

This item is eligible for free returns within 30 days of delivery. See our returns policy for further details.